Skip to content

Oor ADOZA

Presisie uit die lug.
Resultate op die grond.

ADOZA is 'n span van twee wat regoor Suid-Afrika lande met hommeltuie spuit. Ons daag op met alles op een trok: twee DJI Agras T100-hommeltuie, ons eie krag en al die toerusting. Sodra ons deur jou hek is, kan ons begin spuit.

'n DJI Agras T100-hommeltuig wat 'n boord teen 'n heuwel spuit
Ons plan op wiele
4×4 · 85 kVA · 2 × T100

'n Boer maak 'n plan

En toe maak ons 'n moerse een op wiele

Ons het al baie probleme ervaar, maar soos dit gaan: 'n boer maak 'n plan. Ons 4x4-trok is spesifiek vir hommeltuigbespuiting ingerig, met 'n 85 kVA-kragopwekker wat die hele spul aan die gang hou. Al wat ons van jou nodig het, is water en 'n oop hek.

4×4

'n Trok vir die plaaspad

Spesifiek vir hommeltuigbespuiting ingerig. Dit kry die hommeltuie, batterye en toerusting oor plaaspaaie en rowwe veld tot by die verste lande.

85 kVA

Die hart van die hele spul

Die kragopwekker dryf alles op die plaas aan, ook die laai van die hommeltuigbatterye. Ons vat nie jou krag nie, en ons kan die hele dag aanhou vlieg.

2 × T100

Twee hommeltuie, dubbel die werk

Twee swaar spuithommeltuie wat van dieselfde trok af werk, so ons kry meer hektaar in minder tyd gespuit.

So lyk 'n spuitdag

  1. 1.Ons daag op

    Ons trek by jou lande in en skakel die kragopwekker aan. Geen plaaskrag nodig nie.

  2. 2.Ons meng

    Die produk word by die trok met jou water aangemaak, reg om te laai.

  3. 3.Ons vlieg en laai

    Een stel batterye laai op die kragopwekker terwyl die hommeltuie met die ander vlieg.

  4. 4.Ons pak op

    As die werk klaar is, gaan alles terug op die trok. Ons los niks agter nie.

Wie is ons?

Ons spuit met kommersiële landbouhommeltuie op groot plase, boorde, wingerde en spesialisgewasse.

Met twee DJI Agras T100's in die vloot kry ons meer hektaar in minder tyd klaar, en jy sien vinniger resultate op die land.

Ons doel is eenvoudig: meer produktiwiteit, minder gemors met gif, minder harde werk en minder skade aan die grond.

Hoekom 'n hommeltuig?

  • Geen vasgedrukte grond nie
  • Minder gif
  • Akkurater toediening
  • Veiliger op moeilike terrein
  • Vinniger binne jou spuitvenster
  • Twee hommeltuie, dubbel die dekking

Ons dienste

Wat ons spuit

Gerigte bespuiting wat jou oes beskerm en jou grond los soos dit is.

Onkruiddoders

Onkruidbeheer oor die hele land of net die blokke wat dit nodig het, eweredig gespuit en sonder wielspore deur die oes.

  • Hele lande of net sekere blokke
  • Laag en beheerd gevlieg om drif te beperk

Plaagdoders

Vinnig daar as die plae of siektes toeslaan. Die hommeltuig se lugstroom druk die sproei tot binne-in die blaredak en onder die blare in.

  • Insekdoders en swamdoders
  • Kom goed deur die blaredak

Kunsmis

Blaarvoeding gespuit en korrelkunsmis gestrooi, sonder om een keer oor die oes te ry.

  • Blaarvoeding en korrelprodukte
  • Geen plante wat platgery word nie

Toerusting

Swaar toerusting, fyn beplan

Toerusting

DJI Agras T100-spuithommeltuie

Swaar werkesels met dubbele verstuiwingspuite en radar wat hindernisse vermy.

  • Spuit én strooi
  • RTK-posisionering tot op die sentimeter
'n DJI Agras T100-hommeltuig wat 'n land spuit
Binnekort

Multispektrale beelde

Oesskandering met NDVI-analise, sodat ons stres in die oes raaksien voordat jy dit van die grond af kan sien.

RTK-skakel

Sinchroniseer met die grondstasie

10–12 ha

Gespuit per uur

Ons papiere

Ons is twee gekwalifiseerde vakmense met die ervaring en die papiere om veilig, doeltreffend en reg te spuit.

RPAS-operateursertifikaat

Gesertifiseer om hommeltuie kommersieel vir landbou te vlieg.

Toediening van plaag- en onkruiddoders

Volledig opgelei om gif veilig te hanteer en toe te dien.

Veiligheid by lugtoediening

Ons hou by die veiligheidstandaarde en regulasies.

Hantering van gif en risikobestuur

Opgelei in die regte berging, vervoer en noodprosedures.

Vliegervaring met landbouhommeltuie

Praktiese ervaring met landkartering, bespuiting en presisielandbou.

SACAA-hommeltuigregulasies

Ons ken die Suid-Afrikaanse lugvaartreëls vir hommeltuie.

Reg vir presisie?

Bespreek 'n besoek aan jou plaas of vra 'n kwotasie vir jou terrein en gewas.